Wanneer die “laatherfs” se blare
op jou voorstoep kom val
Die winterson
skielik in jou silwer hare kom speel
Wanneer wysheid sy gordyn
voor die venster van jou siel kom hang
en vrede se tafeldoek oor jou hart kom lê
… mag GOD met jou dans tot by die hemel se “somer” !!
(Esmé Sonnekus)