Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Vandag het ek vir jou gebid …

Vandag het ek vir jou gebid
dat God saggies aan jou sal raak
Gebid dat Hy jou wéér sal roep
om net vir ‘n oomblik by Hom te kom sit
“afgesonder”
Dat jy in God se “veilige teenwoordigheid”
met jou kop teen Sy bors sal rus
Jou hartklop weer een sal word met Syne

Ek het gebid
dat jy jou diepste seer op Sy skoot sal kom neersit
Al jou bekommernisse in Sy hand sal gee
Deurweek sal word met Sy groot genade
veilig weggesteek in Hom

Ek het gebid dat jy áltyd sal onthou
Sy Gees is en leef binne jou … “Sy fluistering”
En wanneer jy by Hom wegstap
mag jou voetspore blink met olie
Hy Sy engele as vriendinne saam jou stuur …

(Psalm 23:4)
Selfs wanneer die lewe vir my so donker word
dat ek nie weet watter kant toe nie,
sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie,
want U is altyd by my.

(Esmé Sonnekus)

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam