Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Wanneer die reëndruppels… Kers

Gegeurde kerse (Rose of Lily of the Valley), verskillende grotes met hartstukke op. Jy kan ook die kers verpersoonlik met ‘n persoon se naam op. ‘n Pragtige geskenk vir iemand besonders. Bestel vir jou een vir wanneer jy dalk ‘n kers wil aansteek terwyl jy bid of om in die kerk te sit of sommer net iets mooi vir jou eie huis.

(2 Kor 2: 14-15)  Ons moet God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in Sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ‘n AANGENAME GEUR wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die WONDERLIKE AROMA van Christus tot eer van God.

Wanneer die reëndruppels teen jou venster kom hang
en die winter aan jou deur kom klop
Die ou akkerboom stadig sy gekreukelde blare
grond toe laat val
En die ysige koue in jou hart kom lê
Sal ek God vra om vir jou die mooiste reënboog te bring
Jou toe te vou in elke gebed soos ‘n donskombers
Die kaggelvuur van Sy liefde opnuut vir jou aan te steek …
jou warm te hou … totdat die nuwe seisoen kom
die bloeisels weer by jou voete kom lê … !

(Hooglied 2 : 11-12)
Die winter is weg en al die reëns is verby.
Oral staan die veldblommetjies in bloei
en oral begin die voëls sing.
Selfs die tortels hoor ‘n mens koer.

(7 Kruike – Esmé Sonnekus)

R150,00R240,00

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam