Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
A02 grootte seilafdrukke, met ‘n gekleurde foto as agtergrond en ‘n gedrukte hartstuk. Hang dit in jou kantoor, huis en dit kan ook bestel word om by ‘n begrafnisdiens voor in die kerk te sit. Soos die pragtige woorde van “Hoe groet ‘n mens ‘n ma” (en vele meer) …
Vandág wil ek sommer net
saam met jou die “rieldans” doen
sodat ons wéér uit ons maag uit kan lag
Sorgeloos kan onthou
dat dié ou lewe ook sy eie mooi het
Dat “eenvoud” en “nederigheid”
die klanke is wat God wil hoor
en dat die ou uitgetrapte stofpad
ons soms nog baie wil leer
Mag jou voete áltyd op die pad bly dans
terwyl ‘n “hemel-lied” in jou hart bly speel
Mag die son se goue strale warm oor jou skyn
jou arms áltyd vol veldblomme wees
en mag jy Sy lied bly hoor
selfs saam met die laat Karoo reën …
7 Kruike (Esmé Sonnekus)
R775,00