Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
A02 grootte seilafdrukke, met ‘n gekleurde foto as agtergrond en ‘n gedrukte hartstuk. Hang dit in jou kantoor, huis en dit kan ook bestel word om by ‘n begrafnisdiens voor in die kerk te sit. Soos die pragtige woorde van “Hoe groet ‘n mens ‘n ma” (en vele meer) …
Vandag “vriendin”…
het ek en jy weer saam met die engele gaan speel
Nog ‘n dag wat God vir ons geleen het
Ons het saam deur die veld gehardloop en gelag
totdat ons uitasem was…
En toe… ver gaan stap…
Vreesloos gaan sit met ons voete wat oor die afgronde van die kranse hang
Vir lank het ons net in stilte gesit
besef die seisoen is besig om te verander
In die vallei het die wingerde in bruin en oranje herfskleure voor ons gelê
Here, die “winter” het ook sy eie mooi…
Saam met ons het die engele in eerbied gewag… geweet…
Soms moet mens hierdie pad alleen stap
Soms moet jy leer dat jy op hierdie “winterspad”
net op God alleen kan vertrou
En wanneer jy langs my opstaan
en ek die wind deur jou lang bruin bos hare sien speel
Weet ek meteens dat God se Gees jou sal dra
Ons kyk vir mekaar…
Ek sien jou bruin oë
Ek sien hoe ‘n blink traan saggies oor jou wang loop
Dan sien ek die wit veer
en ek weet God se engele is om jou
Die wingerde mag dalk ‘n tyd van winter hê
Van wag op ‘n nuwe seisoen
Maar die somer sal weer kom
Die wingerde sal weer trosse druiwe dra
En ek en jy sal weer hardloop en lag
tot hier waar ons uitasem en vreesloos
by die kranse sal kom sit….
(Psalm 91:4)
Hy sal jou oordek met Sy vlerke,
en onder Sy vleuels sal jy skuil,
Sy trou sal jou beskerm soos ‘n skild.
7 Kruike (Esmé Sonnekus)
R775,00