Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Soms loop ek so naby U Kers

Gegeurde kerse (Rose of Lily of the Valley), verskillende grotes met hartstukke op. Jy kan ook die kers verpersoonlik met ‘n persoon se naam op. ‘n Pragtige geskenk vir iemand besonders. Bestel vir jou een vir wanneer jy dalk ‘n kers wil aansteek terwyl jy bid of om in die kerk te sit of sommer net iets mooi vir jou eie huis.

(2 Kor 2: 14-15)  Ons moet God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in Sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ‘n AANGENAME GEUR wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die WONDERLIKE AROMA van Christus tot eer van God.

Soms loop ek so naby U
dis hiér waar ek U teenwoordigheid voel
U soet reuk inasem
soos “Katjiepiering”…
‘n Heilige oomblik
wanneer ‘n stukkie hemel voor my oopvou
U Gees saggies met my kom praat
en ek besef … “U IS” …

U is “lig” … in die stik nag donker
U is “vrede” … wanneer die storms om my woed
U is “genade” … onbeskryflik
U is “beskermer” … veilig in U skaduwee
U is “geneesheer” … selfs wanneer ek rou … seer …
sonder antwoorde staan

U is “liefde”
ja Here … U IS LIEFDE !!

(7 Kruike – Esmé Sonnekus)

R150,00R240,00

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam