Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
A06 grootte kaartjie, met ‘n gekleurde foto voorop, ‘n geskryfde hartstuk binne en ‘n leë spasie waar jy self iets kan skryf. Koevert ingesluit.
Kom laai my af …
dáár … waar die wêreld se geraas ophou
en die stiltes saam met die ou grondpad begin
Waar God … my hand styf kan neem
en vir my Sy “mooi” gaan wys
Dáár … waar engele vroeg-môre
die dou op die wingerde kom haal
en saam met die aand-gebede
terug hemel toe neem
Waar die hoenderhaan se skril gekraai …
waarsku … dat die “nuwe dag” gaan breek
‘n Petrus volkie … drie maal of meer
die knop in hul keel afsluk
wanneer die son sy goudgeel gesig
ver oor die horison uitsteek
Dáár … waar grond nog ruik na grond …
die sterre kombers saans
‘n dag se genade toe kom maak
God se liefde … wyd saam met die oop vlaktes kom lê
en dankbaarheid ‘n loflied raak …
(7 Kruike – Esmé Sonnekus)
R35,00