Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Gegeurde kerse (Rose of Lily of the Valley), verskillende grotes met hartstukke op. Jy kan ook die kers verpersoonlik met ‘n persoon se naam op. ‘n Pragtige geskenk vir iemand besonders. Bestel vir jou een vir wanneer jy dalk ‘n kers wil aansteek terwyl jy bid of om in die kerk te sit of sommer net iets mooi vir jou eie huis.
(2 Kor 2: 14-15) Ons moet God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in Sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ‘n AANGENAME GEUR wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die WONDERLIKE AROMA van Christus tot eer van God.
Ek wil vir jou sê … “ek verstaan hoe jy voel”
maar ek het nog nooit jou pad geloop nie
Ek wil vir jou sê … “sterkte … more gaan dit beter”
maar elke woord klink nou so leeg
Ek wil vir jou sê … “God het ‘n doel met alles”
my vraag … verdien jy dan al hierdie seer
Ek wil jou styf vashou … jou trane een vir een afdroog
maar vandag huil ek net soos jy
Ek wil al die skerwe van jou lewe rondom jou kom optel
maar hoe sal ek weet wat om met elke stukkie te maak
Daarom sal ek in stilte net hiér in jou seer
langs jou kom sit …
Wag totdat jy gereed is om elke skerf
vir Hom te bring
Sal ek jou hand saggies neem en saam met jou glo
… God is ‘n God wat heelmaak !
(Psalm 147:3)
Hy troos elkeen wat hartseer is.
Die seerplekke wat die lewe gee
maak Hy weer gesond.
(7 Kruike – Esmé Sonnekus)
R150,00 – R240,00