Kom sit by My
Ek het “tyd” om te “luister”
te “hoor” … wat jou “hart”… so swaar aan dra
Laat sak jou “maskers”
Kom kaalvoet … kom “nes jy is”
Bring jou “stukkend”
jou “skaamtes” … jou “worstel met die lewe”
Jou “geen antwoorde” … jou “trane”
ja al jou “skerwe” … jou “gebrokenheid”
Ek het nie ‘n “stophorlosie” nie
Ek het “nêrens om volgende te wees nie”
Ek staan nie “onkant gevang”
Of “sonder antwoorde” nie
Ek is nie te “belangrik”
Of te “besig” nie
Jou “rekening” … loop nie by My op nie
Ek maak nie ‘n lys van jou “foute”
of “tekortkominge” nie
Ek “skaar My nie saam ander nie”
tel nie “klippe” op … om te gooi nie
Hallo … “Ek is Jesus” …
jou REDDER …!!
(Joh 8:7)
Uiteindelik kyk Jesus op en sê vir hulle:
“Nou goed, gaan maar aan.
Julle weet skynbaar wat om te doen.
Maar daar is een voorwaarde;
die een van julle wat nog nooit
aan God ongehoorsaam was nie,
moet die leiding neem.
Hy moet eerste ‘n klip optel
en haar daarmee gooi.
(Esmé Sonnekus)