
Leigh-Ann Davids (Leigh)
… is deel van my ondersteuningspan, wat my help met die uitleg van my boeke, joernale & kaartjies, asook die reëlings rondom die drukwerk. Dankie Leigh-Ann vir jou hulpvaardigheid, vriendelikheid en liefde vir die Here waarmee jy elke nuwe projek saam my aanpak. Dit is lekker om saam met jou te kan werk …
Lees meer
Toe ons met “lockdown” onkant gevang was, het ek baie meer my Bybel gelees en verlief geraak op Ester. As vrou, is daar baie kere wat ons vertroosting en motivering vir onsself moet kry… maar God wys ons soveel keer hoe kosbaar ons is.
Toe die maatskappy waar ek gewerk het hul deure moes sluit, het God my weer gewys… “Vertrou My onder alle omstandighede, alles wat jy ervaar het sal eendag ‘n sleutel wees.” En so gee God vir my deur my vorige werkgewer die “sleutel”… om my nuwe besigheid te kon begin (!) Alles wat ons deurmaak het ‘ʼn doel, ons moet Hom net bly vertrou.
(Ester 4:14)
“Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!”
Besigheidsnaam: E414Designs
E-pos adres: leigh@e414designs.co.za
Kontak nommer: 076 155 6823
Richardo Pennell
… ek glo dat God mense oor ons pad stuur op die regte tyd, sodat hulle ons kan help om dit wat God in ons harte wil doen “vlerke te gee”. Richardo (Multimedia Designer) is so iemand. Hy het “toevallig” oor my pad gekom of sal ek sê “toe val lig”.
Lees meer
Dankie Richardo dat jy my gehelp het om dit wat in my hart was, op ‘n “mooi manier” te kon vasvang met die begin van my eerste webblad. Dit het my die basis gegee om nou deur Kwikstert (Anné van Zyl, kontaknommer 072 602 9815) ‘n nuwe blad te kon begin …
(Genesis 1:3)
En God het gesê: Laat daar lig wees. En daar was lig. Toe sien God dat die lig goed was.
En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis.
Kwikstert
… dankie Anné van Zyl & Odette Koorsen vir julle vriendelikheid en behulpsaamheid met my 7 Kruike webblad. Julle ondersteuning en kreatiwiteit het my gehelp en gelei om saam met julle ‘n pragtige eindproduk bymekaar te kon sit. Ek sien met opgewondenheid uit na die nuwe “journey” van 7 Kruike wat voorlê.