Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Jy staan so broos toegevou in die winter se blare …

Jy staan so broos toegevou
in die winter se blare
Reëndruppels so vlak in jou oë
Windverwaaid met die mis van onsekerheid
wat jou hart omvou

Hoe min verstaan ons soms
die donker wolke wat onverwags saampak
Hoe koud en alleen die vrees
naak… weerloos… uitgelewer in hierdie seisoen
Hoe rou kom lê jou vrae
hoekom nou… hoekom ek…

God se stem is ook vannag in die wind
Sy krag ook in elke weerligstraal
Hy bepaal waar die reën en die sneeu val
Wanneer die donderstorm dreun
Sal Hy dan van jou vergeet
Bibberend in die winter koue
Sal Sy hart sommer net kan wegdraai
terwyl Hy van JOU wéét …

(Esmé Sonnekus)

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam