Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Gegeurde kerse (Rose of Lily of the Valley), verskillende grotes met hartstukke op. Jy kan ook die kers verpersoonlik met ‘n persoon se naam op. ‘n Pragtige geskenk vir iemand besonders. Bestel vir jou een vir wanneer jy dalk ‘n kers wil aansteek terwyl jy bid of om in die kerk te sit of sommer net iets mooi vir jou eie huis.
(2 Kor 2: 14-15) Ons moet God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in Sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ‘n AANGENAME GEUR wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die WONDERLIKE AROMA van Christus tot eer van God.
‘n Psalm teen God se bors …
(Die Kapel Psalm)
In die klein kapel …
kom lê die reën vanoggend sag teen die ruit
Miskien … kom huil die druppels
saam ‘n wêreld se rou seer …
Die woorde van die lied
“it is well with my soul” …
kom echo in my hart
Terwyl “Psalm 139” my siel kom vind …
U deurgrond my …
U wéét alles van my af …
Here, God … U ken my …
Elke “grondpad” …
Elke “kruik” … flenters gebreek … weggesmyt
Elke kraak … van hoogmoed en twyfel
Elke “lig” … wat deur my
onvolmaaktheid skyn
My sit …
My val …
My opstaan …
Here, God … dankie vir U reën …
(7 Kruike – Esmé Sonnekus)
R150,00 – R240,00