Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Wanneer die wêreld nog slaap Kers

Gegeurde kerse (Rose of Lily of the Valley), verskillende grotes met hartstukke op. Jy kan ook die kers verpersoonlik met ‘n persoon se naam op. ‘n Pragtige geskenk vir iemand besonders. Bestel vir jou een vir wanneer jy dalk ‘n kers wil aansteek terwyl jy bid of om in die kerk te sit of sommer net iets mooi vir jou eie huis.

(2 Kor 2: 14-15)  Ons moet God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in Sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ‘n AANGENAME GEUR wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die WONDERLIKE AROMA van Christus tot eer van God.

Wanneer die wêreld nog slaap
en dou vroeg-môre nog op die blare lê
Loop ek saggies op my tone
om by U te kom stil word
Kom sing ek vir U ‘n “liefdeslied”
my hart oorspoel met U teenwoordigheid

Hoe mooi Here …
wanneer die stilte tasbaar om my hang
My asem opgehou oor U Almag …
U skoonheid …
Wanneer glinsterende druppels wag
dat die son se strale hul kom haal
En U geskenk van genade
opnuut in my skoot kom lê

Hoe liéf het U my Here …
wanneer U fluister stem my siel kom vind
En U vrede my stewig anker
aan ‘n hemelse belofte … ‘n ewigheid
U “liefdesbrief” geskryf … gepos …
áltyd na my harts adres

(7 Kruike – Esmé Sonnekus)

R150,00R240,00

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam