Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Gegeurde kerse (Rose of Lily of the Valley), verskillende grotes met hartstukke op. Jy kan ook die kers verpersoonlik met ‘n persoon se naam op. ‘n Pragtige geskenk vir iemand besonders. Bestel vir jou een vir wanneer jy dalk ‘n kers wil aansteek terwyl jy bid of om in die kerk te sit of sommer net iets mooi vir jou eie huis.
(2 Kor 2: 14-15) Ons moet God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in Sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ‘n AANGENAME GEUR wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die WONDERLIKE AROMA van Christus tot eer van God.
Die hemel het jou “naam” geroep …
engele jou sag kom haal
Veilig nou by Jesus …
sonder vrees … hartseer … sonder pyn
Maar vanoggend …
toe die nuwe dag kom breek
het ek steeds oral in die huis
jou gesig bly soek …
Die onthou’s … in elke kamer van my hart
Jou stem nog bly echo … in die stilte …
die geur van “JY” nog om my kom hang
My oë bly nog vol trane …
wanneer ek ‘n stukkie van my siel
met jou wil deel
Ek sluk nog swaar aan die gemis …
van “wie jy was”
en jou “voetspore diep oor my pad gelaat”
… maar wanneer die son sy goue strale
ver teen die hemel wolke skyn …
hoor ek steeds jou lag … (!!)
(7 Kruike – Esmé Sonnekus)
R150,00 – R240,00