Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

“Jy” is nie net ‘n naam … Kers

Gegeurde kerse (Rose of Lily of the Valley), verskillende grotes met hartstukke op. Jy kan ook die kers verpersoonlik met ‘n persoon se naam op. ‘n Pragtige geskenk vir iemand besonders. Bestel vir jou een vir wanneer jy dalk ‘n kers wil aansteek terwyl jy bid of om in die kerk te sit of sommer net iets mooi vir jou eie huis.

(2 Kor 2: 14-15)  Ons moet God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in Sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ‘n AANGENAME GEUR wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die WONDERLIKE AROMA van Christus tot eer van God.

“Jy” is nie net ‘n naam …
iewers tussen die bladsye van ou koerante nie
“Jy” was iemand se vrou … se ma … se ouma …
se beste vriendin …
Die ou koerante lê dalk iewers vergete
op ‘n hopie …
maar jou “vingerafdrukke” en “voetspore” …
lê nog oral diep oor ons seer harte
Jou “lag” … lê nog die hele huis vol …
Jou “drome saam met ons” …
hang nog soos ‘n mooi gordyn
saam met die sonskyn in elke kamer

Jou “warmte” … omvou ons nog …
voor die laat-aand braaivleis vuurtjie
Jou “favorite liedjies” …
kom tokkel nog … aan die snare van ons harte
In die ou plaaskombuis …
hang jou bekende reuk nog
saam met jou warm soet gebak
Kom speel die ondeundheid in jou oë …
nog saam jou “rooimond smile” …

Ons wag steeds vir jou …
wat op die grondpad aankom …
Fluister steeds jou “naam”
sodat die hemel kan hoor

(7 Kruike – Esmé Sonnekus)

R150,00R240,00

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam