Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Gegeurde kerse (Rose of Lily of the Valley), verskillende grotes met hartstukke op. Jy kan ook die kers verpersoonlik met ‘n persoon se naam op. ‘n Pragtige geskenk vir iemand besonders. Bestel vir jou een vir wanneer jy dalk ‘n kers wil aansteek terwyl jy bid of om in die kerk te sit of sommer net iets mooi vir jou eie huis.
(2 Kor 2: 14-15) Ons moet God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in Sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ‘n AANGENAME GEUR wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die WONDERLIKE AROMA van Christus tot eer van God.
Jy staan so broos
toegevou in die winter se blare
Reëndruppels so vlak in jou hartseer oë
Windverwaaid met die mis van onsekerheid
wat jou HART omvou
Hoe min verstaan ons soms
die donker wolke wat onverwags saampak
Hoe koud en alleen die vrees
naak … weerloos … uitgelewer in hiérdie seisoen
Hoe rou kom lê jou vrae
hoekom nou … hoekom ek …?
God se stem is ook vannag in die wind
Sy krag ook in elke weerligstraal
Hy bepaal waar die reën en sneeu sal val
wanneer die donderstorm dreun
Sal Hy dan van jou vergeet …
bibberend in die winter koue?
Sal Sy hart sommer net kan wegdraai
terwyl Hy van jou weet!
(7 Kruike – Esmé Sonnekus)
R150,00 – R240,00