Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Kom laai my af … dáár Kers

Gegeurde kerse (Rose of Lily of the Valley), verskillende grotes met hartstukke op. Jy kan ook die kers verpersoonlik met ‘n persoon se naam op. ‘n Pragtige geskenk vir iemand besonders. Bestel vir jou een vir wanneer jy dalk ‘n kers wil aansteek terwyl jy bid of om in die kerk te sit of sommer net iets mooi vir jou eie huis.

(2 Kor 2: 14-15)  Ons moet God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in Sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ‘n AANGENAME GEUR wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die WONDERLIKE AROMA van Christus tot eer van God.

Kom laai my af … dáár
waar die wêreld se geraas ophou
en die stiltes saam met die ou grondpad begin
Waar God … my hand styf kan neem
en vir my Sy “mooi” gaan wys …

Dáár … waar engele vroeg-môre
die dou op die wingerde kom haal …
en saam met die aand-gebede
terug hemel toe neem

Waar die hoenderhaan se skril gekraai …
waarsku … dat die “nuwe dag” gaan breek
‘n Petrus volkie … drie maal of meer die knop in hul keel afsluk …
wanneer die son sy goudgeel gesig ver oor die horison uitsteek

Dáár … waar grond nog ruik na grond …
die sterre kombers saans ‘n dag se genade toe kom maak
God se liefde … wyd saam met die oop vlaktes kom lê
en dankbaarheid ‘n loflied raak …

(7 Kruike – Esmé Sonnekus)

R150,00R240,00

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam