Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Ek hoop mense sal eendag onthou… Kaartjie

A06 grootte kaartjie, met ‘n gekleurde foto voorop, ‘n geskryfde hartstuk binne en ‘n leë spasie waar jy self iets kan skryf.  Koevert ingesluit.

Ek hoop mense sal ééndag onthou
dat jy hiér was
Dat diep binne jou ook ‘n sagte “omgee-hart” was
en dat jy probeer het om mense
deur “Jesus-oë” te sien
En ek hoop hul sal onthou
dat die wysers van jou “luister-horlosie”
stil kon gaan staan
elke keer as iemand hul seer wou praat
Hul sal onthou … al jou “simpel sê-goed”
waarvoor jyself so maklik kon lag
Maar net so maklik jou pyn kon deel
‘n rou stuk van jou “realness” … kon weerkaats

En ek hoop hul sal onthou
dat tussen jou foute en tekortkominge
jy áltyd net oor “Jesus” wou praat
Jou siel deurweef in Hom
“Sy liefde” … “genade” … ‘n goue draad

… en ek hoop hul sal jou “naam” onthou
vir elke keer wat jou aardse vlerke
vir daardie oomblik aan die hemel kon raak …

(7 Kruike – Esmé Sonnekus)

R35,00

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam