Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
A06 grootte kaartjie, met ‘n gekleurde foto voorop, ‘n geskryfde hartstuk binne en ‘n leë spasie waar jy self iets kan skryf. Koevert ingesluit.
Kom sit net in “stilte” by my
tussen die gebreteenwoordigheid” net vir ‘n oomblik sêmblik wanneer ek my “hart”
se seer voor jou kom uitpak
Kom luister net … sonder vrae … sonder verwyte …
sonder maklike antwoorde
Laat my toe “om net te wees”
kwaad te wees … broos te wees …
bang te wees … eg te wees …
Om al my maskers af te haal
Die hoë mure om my vir ‘n oomblik
stukkie vir stukkie te laat verbrokkel
Kan my seer vir ‘n oomblik
net jou seer ook word
My trane vir ‘n oomblik
ook jou oë laat blink
Kan jy my help om al my “vrese” en “vrae”
saam tot voor God se voete te dra
Kan ek vir ‘n oomblik net stukkend … bang en rou wees
in die teenwoordigheid van Sy volmaakte liefde
Kan jou “stille teenwoordigheid” net vir ‘n oomblik sê
… ek verstaan
… ek is soms net so bang soos jy
… my hart het ook al in duisende skerwe gelê
… die donker was ook al pikgietswart om my
… my gebede het ook al soms leeg gevoel
… my woorde ook al opgedroog
GOD het my ook al hiér kom optel … !!
(7 Kruike – Esmé Sonnekus)
R35,00