Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

In my “hart” lê ʼn droom Kaartjie

A06 grootte kaartjie, met ‘n gekleurde foto voorop, ‘n geskryfde hartstuk binne en ‘n leë spasie waar jy self iets kan skryf.  Koevert ingesluit.

In my “hart” lê ‘n droom …
wat my keer op keer terug na die “stiltes” roep
Dáár waar die grondpad ver voor my uit kronkel
die bekende reuk van veldbossies my welkom heet
Waar spierwit wolke hul spieëlbeelde op die ou plaasdam kom gooi
en die windpomp geduldig staan en wag op die wind
Ek droom … oor ‘n groot “kuier stoep”
waar ek soggens vroeg kan gaan sit
My opkrul in my ou bekende stoel
en lank met God kan praat
Waar ek kan sip-sip aan my vuurwarm moerkoffie
en tyd voel of dit vir áltyd net stil kom staan

Waar “hartsvriende” en “hartsmense” kom lag en kuier
en stories hul rondtes doen om die laat-aand vuur
Of soms net die stilword … die luister na nag geluide
die ure in verwondering na ‘n melkweg staar
‘n Vry asem haal … ‘n asem ophou …
oor God se groot genade

Waar liefde … herinneringe … elke kamer kom vul
saam met die reuk van plaasbotter op vars gebakte brood
Die swart koolstoof se warmte … my lyf kom omvou
my dankbaarheidslied in ritme met die reën op die ou blink sink dak
Ek droom oor … ooptes en vlaktes …
vry wees en egtheid …
rou wees en waarheid …
grond … lig …
ek droom …

(7 Kruike – Esmé Sonnekus)

R35,00

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam