Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
A02 grootte seilafdrukke, met ‘n gekleurde foto as agtergrond en ‘n gedrukte hartstuk. Hang dit in jou kantoor, huis en dit kan ook bestel word om by ‘n begrafnisdiens voor in die kerk te sit. Soos die pragtige woorde van “Hoe groet ‘n mens ‘n ma” (en vele meer) …
Hoe groet ‘n mens ‘n “ma” …
wie se gebede jou vir soveel jare gedra het
Hoe sê mens totsiens
hoe laat mens haar sagte hand gaan
Hoe bid jy dat die Here haar maar kan kom haal
terwyl jy haar net vir ‘n oomblik nog
naby jou hart wil koester
Haar nog net één keer wil “dankie sê”
nog één keer sê “hoe lief jy haar het”
Ek sal vir God vra …
om by die pêrelpoorte
vir ma met ‘n diamantkroon te wag
Ek sal hom vra
om Sy belofte te hou … ma volkome te genees
sodat ek ma nog één keer weer kan hoor lag
Ek sal Hom vra …
om vir my en ma met Sy engele te omvou
Sodat my gebroke hart
ma deur “Jesus oë” sal sien
en so vir áltyd kan onthou
En wanneer ek saans kniel
om vir beskerming oor my
en my kind(ers) te vra
Glo ek dat God elke gebed
tot daar by ma in die hemel sal dra
7 Kruike (Esmé Sonnekus)
R775,00