Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
A02 grootte seilafdrukke, met ‘n gekleurde foto as agtergrond en ‘n gedrukte hartstuk. Hang dit in jou kantoor, huis en dit kan ook bestel word om by ‘n begrafnisdiens voor in die kerk te sit. Soos die pragtige woorde van “Hoe groet ‘n mens ‘n ma” (en vele meer) …
In “jou” lê daar ‘n rustigheid
‘n stilte … ‘n heilige diepte
Jy bring jou “woorde”
slegs wanneer dit nodig is
Jou “hart” maak jy oop
net dáár … waar jy veilig voel
Jou “siel” se gordyn laat jy sak
in vlietende oomblikke se “naak staan”
Jy kuier in privaatheid
saam jou hartsmense en jou God
Jou teenwoordigheid vul elke kamer
met vrede … kalmte … die volheid “van wie jy is”
Jou eenvoud …
Jou opregtheid …
Jou liefdevolle menswees …
Jy neem saggies my hand en fluister
“my mens” … kom ek gaan wys vir jou die sterre
Saam snak ons na ons asems
staan in verwondering oor die grootheid van God
Met ‘n glimlag maak jy vir my ‘n koppie rooibostee
Ek kom sit by jou voete
Jy lees vir my … Antjie Krog
Jou diep rasper stem kom streel my hart
die onthou’s vir áltyd “oor my” geskryf
Ons “lied” vasgevang vir ‘n ewigheid
tussen hiér en die hemel…
7 Kruike (Esmé Sonnekus)
R775,00