Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
A02 grootte seilafdrukke, met ‘n gekleurde foto as agtergrond en ‘n gedrukte hartstuk. Hang dit in jou kantoor, huis en dit kan ook bestel word om by ‘n begrafnisdiens voor in die kerk te sit. Soos die pragtige woorde van “Hoe groet ‘n mens ‘n ma” (en vele meer) …
Vandag het ek vir jou gebid
dat God saggies aan jou sal raak
Gebid dat Hy jou wéér sal roep
om net vir ‘n oomblik by Hom te kom sit
“afgesonder” …
Dat jy in God se “veilige teenwoordigheid”
met jou kop teen Sy bors sal rus
Jou hartklop weer een sal word met Syne
Ek het gebid
dat jy jou diepste seer op Sy skoot sal kom neersit
Al jou bekommernisse in Sy hand sal gee
Deurweek sal word met Sy groot genade
veilig weggesteek in Hom
Ek het gebid dat jy altyd sal onthou
Sy Gees is en leef binne jou … “Sy fluistering”
En wanneer jy by Hom wegstap
mag jou voetspore blink met olie
Hy Sy engele as vriendinne saam jou stuur …
7 Kruike (Esmé Sonnekus)
R775,00