Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Die hemel het jou “naam” geroep… Seilafdruk

A02 grootte seilafdrukke, met ‘n gekleurde foto as agtergrond en ‘n gedrukte hartstuk. Hang dit in jou kantoor, huis en dit kan ook bestel word om by ‘n begrafnisdiens voor in die kerk te sit. Soos die pragtige woorde van “Hoe groet ‘n mens ‘n ma” (en vele meer) …

Die hemel het jou “naam” geroep
engele jou sag kom haal
Veilig nou by Jesus
sonder vrees … hartseer … sonder pyn
Maar vanoggend
toe die nuwe dag kom breek
het ek steeds oral in die huis
jou gesig bly soek
Die onthou’s … in elke kamer van my hart
Jou stem nog bly echo … in die stilte …
die geur van “JY” nog om my kom hang

My oë bly nog vol trane
wanneer ek ‘n stukkie van my siel
met jou wil deel
Ek sluk nog swaar aan die gemis
van “wie jy was”
en jou “voetspore diep oor my pad gelaat”

… maar wanneer die son sy goue strale
ver teen die hemel wolke skyn
hoor ek steeds jou lag …

7 Kruike (Esmé Sonnekus)

R775,00

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam