Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Gegeurde kerse (Rose of Lily of the Valley), verskillende grotes met hartstukke op. Jy kan ook die kers verpersoonlik met ‘n persoon se naam op. ‘n Pragtige geskenk vir iemand besonders. Bestel vir jou een vir wanneer jy dalk ‘n kers wil aansteek terwyl jy bid of om in die kerk te sit of sommer net iets mooi vir jou eie huis.
(2 Kor 2: 14-15) Ons moet God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in Sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ‘n AANGENAME GEUR wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die WONDERLIKE AROMA van Christus tot eer van God.
Ek skryf vir jou ‘n “God-storie”
tussen die sterre in die hemelruim
Ek pluk vir jou die blinkste stêr
in die pik donker nag
Ek bring vir jou die volmaan
se silwer strale tot voor jou agterdeur
Die oggendstilte kom lê ek
op jou voorstoep neer
Ek kom vou jou toe in diep gebede
saam met die geur van “kosmos” en “jasmyn”
Ek graveer God se liefde … genade oor jou hart
kom hang die laatmiddag son
aan jou huisie se deurkosyn
(7 Kruike – Esmé Sonnekus)
R150,00 – R240,00