Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.
Gegeurde kerse (Rose of Lily of the Valley), verskillende grotes met hartstukke op. Jy kan ook die kers verpersoonlik met ‘n persoon se naam op. ‘n Pragtige geskenk vir iemand besonders. Bestel vir jou een vir wanneer jy dalk ‘n kers wil aansteek terwyl jy bid of om in die kerk te sit of sommer net iets mooi vir jou eie huis.
(2 Kor 2: 14-15) Ons moet God opreg dankie sê, want Hy vat ons oral met Hom saam in Sy groot oorwinningstog deur die wêreld. Op elke plek waar ons kom, gebruik God ons. Ons is soos ‘n AANGENAME GEUR wat ander mense van Christus bewus maak. Ons versprei die WONDERLIKE AROMA van Christus tot eer van God.
Kom sit by My …
Ek Kruike – Esmé Sonnekus
te hoor wat jou hart so swaar aan dra
Laat sak jou maskers
Kom kaalvoet … kom “nes jy is”
(7 Kruike – Esmé Sonnekus “skaamtes” … jou “worstel met die lewe” …
Jou “geen antwoorde” … jou “trane” …
ja al jou “skerwe” … jou “gebrokenheid”
Ek het nie ‘n stophorlosie nie
Ek het nêrens om volgende te wees nie
Ek staan nie onkant gevang of
sonder antwoorde nie
Ek is nie te belangrik of
te besig nie
Jou rekening loop nie by My op nie
Ek maak nie ‘n lys van jou foute of
tekortkominge nie
Ek skaar My nie saam ander nie
tel nie klippe op om te gooi nie
Hallo … Ek is Jesus
jou REDDER … !!
(7 Kruike – Esmé Sonnekus)
R150,00 – R240,00