Soms loop ek so naby U
dis hiér waar ek U teenwoordigheid voel
U soet reuk inasem
soos “Katjiepiering” …
‘n Heilige oomblik
wanneer ‘n stukkie hemel voor my oopvou
U Gees saggies met my kom praat
en ek besef … “U IS”…
U is “lig” … in die stik nag donker
U is “vrede” … wanneer die storms om my woed
U is “genade” … onbeskryflik
U is “beskermer” … veilig in U skaduwee
U is “geneesheer” … selfs wanneer ek rou … seer …
sonder antwoorde staan
U is “liefde” …
ja Here … U IS LIEFDE !!
(Eksodus 3:14)
En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS.
Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord:
EK IS het my na julle gestuur.
(Esmé Sonnekus)