Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Vandág het ek deur ons huis geloop …

Vandág het ek deur ons huis geloop
‘n groot knop in my keel
Gewonder hoe sê mens “DANKIE”
hoe sê mens “TOTSIENS”
Vier en twintig jaar se groot genade
ja … ‘n leeftyd se onthou’s …

Die huis is stil
tóg vertel elke kamer sy eie storie
Hoor ek nog my kinders se jongmens stemme
my kleinkinders se skaterlag
Onthou ek die diep gesprekke … die reën
die winters … die warm kaggelvuur
Hartsvriende … familie … braaivleis kuiers …
jolig tot laat-aand duur

Here God … dankie vir “soveel rykdom”
nooit aan syfers gemeet
Karakters gebou … gevorm
deur seisoene van “lief” en van “leed”
Goue jare van rus wat voorlê
vier en twintig jaar in my hart gestoor
Met ‘n traan op my wang neem ek afskeid
tog loop my beker oor

… “such is life”

(Josua 24:15)
Wat my en my gesin betref, ons het ons keuse gemaak,
ons gaan die Here dien.

(Esmé Sonnekus)

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam