Toe die “hartseer”
jou “lag” kom haal het
Toe al jou “drome” in ‘n oomblik
uitverkoop is vir ‘n “stukkende hart”
Toe die “lied” binne jou
gevoel het of dit vir àltyd gesterf het
Die “donker wolke”
voor die “son” kom lê het
en die “somer” vir die “winter” verruil is
… het jou “mosterdsaadjie geloof” binne jou bly fluister
GOD het steeds ‘n plan … selfs vir die “onmoontlike” …
(Matt 17: 20)
… Weet julle, as julle geloof in Hom maar net so groot soos ‘n klein mosterdsaadjie is, sal julle onmoontlike dinge regkry. Dan sal julle enige struikelblokke in julle lewe kan oorkom, hoe groot dit ook al is. Julle sal selfs vir hierdie berg kan sê: “Skuif uit die pad!” Dan sal dit gebeur. Niks is onmoontlik vir mense wat op God vertrou nie.
(Esmé Sonnekus)