Wanneer die reëndruppels teen
jou venster kom hang
en die winter aan jou deur kom klop
Die ou akkerboom stadig sy gekreukelde blare
grond toe laat val
En die ysige koue in jou hart kom lê
Sal ek God vra om vir jou
die mooiste reënboog te bring
Jou toe te vou in elke gebed
soos ‘n donskombers
Die kaggelvuur van Sy liefde
opnuut vir jou aan te steek
jou warm te hou
totdat die nuwe seisoen kom
die bloeisels weer by jou voete kom lê …
(Hooglied 2 : 11-12)
Die winter is weg en al die reëns is verby.
Oral staan die veldblommetjies in bloei en
oral begin die voëls sing.
Selfs die tortels hoor ‘n mens koer.
(Esmé Sonnekus)