Kom laai my af …
dáár waar die wêreld se geraas ophou
en die stiltes saam met die ou grondpad begin
Waar God my hand styf kan neem
en vir my Sy “mooi” gaan wys
Dáár … waar engele vroeg-môre
die dou op die wingerde kom haal
en saam met die aand-gebede
terug hemel toe neem
Waar die hoenderhaan se skril gekraai
waarsku dat die “nuwe dag” gaan breek
‘n Petrus volkie drie maal of meer
die knop in hul keel afsluk
wanneer die son sy goudgeel gesig
ver oor die horison uitsteek
Dáár … waar grond nog ruik na grond
die sterre kombers saans
‘n dag se genade toe kom maak
God se liefde
wyd saam met die oop vlaktes kom lê
en dankbaarheid ‘n loflied raak
(Esmé Sonnekus)