Mag jou arms áltyd vol “wit kosmosse” wees
want jou hart bly oral “liefde” saai
Jou sagte glimlag help genees
soos fyne blaartjies… broos… Goddelik toegedraai
Mag jy elke dag op jou lewenspad
bosse “hoop” uitdeel saam ʼn hemelse geur
“Genade bordjies” ophang… ʼn tuin engel neersit
voor elke harts-vriendin se agterdeur
…want “LIEFDE” kos mos niks…
(Esmé Sonnekus)