Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

‘n Psalm teen God se bors …

‘n Psalm teen God se bors …
(Die Kapel Psalm)

In die klein kapel ..
kom lê die reën vanoggend sag teen die ruit
Miskien kom huil die druppels
saam ‘n wêreld se rou seer

Die woorde van die lied
“it is well with my soul”
kom echo saam my hart
Terwyl “Psalm 139” my siel kom vind
U deurgrond my …
U wéét alles van my af …
Here, God … U ken my …

Elke “grondpad” …
Elke “kruik” … flenters gebreek … weggesmyt
Elke kraak … van hoogmoed en twyfel
Elke “lig” … wat deur my onvolmaaktheid skyn
My sit …
My val …
My opstaan …

Here God … dankie vir U reën …

(Esmé Sonnekus)

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam