Koerierkoste word bevestig wanneer jou bestelling gefinaliseer word.

Eén oggend…
Eén oproep…
Eén lewensveranderende gebeurtenis…
Eén alleenpad…
Eén gebroke mens…
Eén GOD wat wéét…
haar optel… dra… lei… troos… genees …

As kinders van die Here… wil ons graag voel ons maak ‘n verskil vir God.
Maar soms word ons ook maar ongeduldig en iewers in die lewe loop ons almal ‘n stuk “grondpad”. Máár … God is ‘n God van “liefde” en Hy ken ons “harte”. Dit is juis ons “grondpad ervarings” wat Hy gebruik, om Sy Lig deur ons kleipot krake te laat skyn …

Met my is dit niks anders nie …
‘n gewone vrou, ‘n grondpad ervaring en ‘n getroue God wat aanhou vorm en heelmaak !!

In 2003 verhuis ek Durban toe. Op daardie stadium moet ek nog inskakel by die kerk, nuwe vriende maak, werk kry en aanpas by my nuwe omgewing en huwelik. ‘n Groot aanpassing vir my wat vir die eerste keer in 33 jaar uit die Kaap wegtrek en wie ‘n “close verhouding” met my familie en vriende het, maar soms vat God ons na die “woestyn”, waar Hy ons harte onherroeplik verander…

In ‘n tyd waar iemand naby aan my, sy eie lewe en die van sy kinders probeer neem en in 2005 daarin slaag om net sy eie lewe te neem, kom wys God my Wie Hy regtig vir my is, hoe Sy stem klink en hoe Hy dit wat stukkend is, kan gebruik tot eer van Sy Naam.

Soms wonder ek…
“wat as die tou van ons liefde vir jou”
net daardie één maal te kort is…
Jy wat so lief is…
om naby die afgrond te speel…

Ons oë is áltyd op jou gefokus
ons asem opgehou…
Sou jy dit daardie één keer te naby waag…

Sou die skaduwee’s
jou één keer harder roep…
as die sonskyn waarin jy kan “dans”…

Sal God se engele kan keer…
dat jy jouself te pletter val…!!!

God kom gebruik die “seerste en alleenste tyd in my lewe” om “Sy kosbare skatte binne my hart te sit”… (wat ek nooit besef het, Hy jare daarna sou gebruik nie…!!)

Die son se strale breek vanoggend deur die wolke
die voëltjies sing soos altyd
Maar die “lied’ in my hart het stil geword

Om my gaan die wêreld normaalweg aan
almal lag… gesels… ry werk toe…
Maar binne my skree dit
staan net vir ‘n oomblik stil
“weet jul dan nie”

Jou vuurtjie het lankal ophou brand…
Jou laaste oproepe van groet… stil geword…
Jou bord… mes… en vurk nog op die tafel…
Jou laaste briewe… klaar geskryf…

Jou Bybel lê nog oop by Psalm 118 vers 8…

… om by die Here te skuil
is beter as om op mense te vertrou

Hoe wáár… is dit…!!

In sy laaste briewe het hy gevra dat die lied…
“You raise me up – Josh Groban” gespeel word en vir lank daarna kon
ek glad nie na die lied luister sonder dat my hart van vooraf in duisende
stukke breek nie…

Tydens ʼn tydperk wat ek by die kerkkantoor werk, ry ek een oggend oppad kerk toe by ‘n “groot gebreekte kleipot” verby wat langs ‘n vullisdrom op die sypaadjie lê …
Soos wat ek aanry dink ek, “ek moet die kleipot gaan optel en in die kerk neersit, ʼn uitbeelding van God is die Pottebakker en ons is die klei”…
So kry die “stukkende kleipot” ʼn ereplek by die houtkruis in ons kerk…

Terwyl ek een oggend in my stiltetyd alleen in die kerkgebou is, gaan kniel ek by die houtkruis om te bid. Ek pak my seer hart voor God uit, terwyl die trane oor my wange loop… en toe ek my oë oopmaak, sien ek die “stukkende kleipot” daar staan en in my Gees kom die woorde “soos wat jy hiérdie gebreekte kleipot op die sypaadjie opgetel het, so sal Ek jou kom optel op die sypaadjie van die lewe waar jy stukkend lê en Ek sal jou genees en gebruik tot eer van My naam” en die woorde van die lied kom lê in my hart… “You raise me up to more than I can be”…

God kom tel ons op dáár waar ons stukkend lê op die sypaadjie van die lewe …

Ek het jou een oggend vroeg sien lê
langs ‘n vullisdrom… op die “sypaadjie van die lewe”
Stukkend… weggegooi… onbruikbaar…
Ek het jou dáár gaan optel …
by die ou houtkruis in ons kerk gaan neersit
ʼn “Ereplek”… want jy het my herinner
aan die “Pottebakker en die klei”…

Ek het net so “stukkend soos jy”
een oggend by die kruis kom kniel
Hartseer… alleen… vlenters gebreek…
Gehuil oor ʼn “selfdood” in die stil ure van die mistige nag
sy stem vir áltyd stil

Maar dáár het GOD my kom optel
“Kleipot”… net soos jy
Sy belofte duidelik tussen my trane
“soos wat jy hiérdie gebreekte kleipot
op die sypaadjie van die lewe kom optel het
en op ʼn ereplek kom neersit het
so sal Ek jou optel… heelmaak… gebruik tot eer van My Naam”…

Met ʼn knop in my keel sal ek elke “gebreekte kleipot” wil optel
By Hom gaan neersit
sien hoe Sy Lig deur ons krake skyn

En diep in my hart weerklink jou “begrafnislied” se woorde…
YOU RAISE ME UP…

En God kom gee vir my skrif…

(2 Kor 4:7-9)
Al is God by my, is ek maar net n doodgewone mens.
Ek is soos ʼn breekbare kleipot. Die lewe stamp my ook maar goed rond.
Tog dra ek ‘n baie waardevolle skat hier binne-in my rond.
Daarom moet julle weet dat die groot krag van God wat deur my werk,
glad nie uit my kom nie. Inteendeel:

Ek kry dikwels swaar, maar ek is nooit mismoedig nie. Ek weet nie elke
dag presies wat ek moet doen nie. Tog is ek nooit radeloos nie. Ek word
vervolg, maar ek weet God los my nooit alleen nie. Ek word onderstebo
geloop, maar ek staan elke keer weer op.

… in 2020 tydens die “lockdown covid tyd”, met ʼn sameloop van
Omstandighede begin God om my “geskryfde hartsstukke & foto’s”
bymekaar te sit en bly gee Hy vir my Sy woorde en tot my eie
verwondering oor waarmee God besig is, kry my boeke vlerke!!
Grondpad, Hartklop & Asem…
(Grondpad – 25 Mei 2020, Hartklop – 25 Maart 2021 & Asem – 06 Desember 2021).

Toe ek bid en vir God sê, “maar Here dit is covid tyd, so baie mense
is sonder werk en kry swaar, moet ek nie eerder die geld om die boeke
te druk vir iemand gee nie, want wat sal die mense sê”, kom God se
antwoord vir my duidelik…

(Markus 14: 3-9)
In daardie stadium was Jesus nog in Betanië. Hy het by Simon, wat
melaats was, gaan eet. ʼn Vrou kom toe die eetkamer in. By haar het sy
ʼn potjie baie duur parfum gehad wat van nardus gemaak was. Sy het
die potjie oopgemaak en alles op Jesus uitgegooi, veral op sy hare.

Van die ander mense aan tafel was baie omgekrap. Hulle het eers so
onderlangs gemompel en toe vir die vrou gesê: “Hou op, hoekom mors
jy die parfuum so? Ons kon dit maklik gaan verkoop en amper ‘n jaar se salaris daarvoor gekry het. Dink net hoeveel arm mense kon ons met daardie geld gehelp het.” Hulle het sommer lelik met haar geraas.

Jesus sien toe wat aangaan. “Los haar! Waarom kraak julle haar so af?
Wat sy vir My gedoen het, beteken vir My baie. Dit is so ‘n mooi gebaar.
Onthou een ding: julle kan later die arm mense help, want daar sal
altyd van hulle wees. Julle sal meer as genoeg kans kry om dit te doen.
Maar Ek gaan nie altyd so by julle wees nie. Sy het hierdie parfuum
oor My uitgegooi terwyl sy nog kon. Hierdie liggaam van My gaan
binnekort in ʼn graf lê. Sy het egter die parfuum betyds oor My
uitgegooi terwyl Ek nog hier by julle is. Sowaar, waar mense in die
toekoms oor My gaan praat, gaan hulle oor haar ook praat. Dit maak
nie saak waar dit is nie, maar hulle sal haar onthou.”

Ons moet God vertrou met waarmee Hy besig is en in Sy wil in
gehoorsaamheid bly loop…

God gebruik die “grondpaaie in ons lewens”, sit Sy skatte van
(2 Kor 4: 7-9) binne ons en gebruik ons tot eer van Sy naam, sodat ʼn donker wêreld Sy liefde, genesing en hoop kan ervaar. Mag ons soos die vrou in Markus 14, duur Nardus olie oor Jesus bly gooi, Sy naam bly verheerlik !

Kom sit net in “stilte by my”
tussen die gebreekte skerwe van my lewe
Net vir ‘n oomblik wanneer ek my “hart” se seer
voor jou kom uitpak

Kom luister net…
sonder vrae… sonder verwyte… sonder maklike antwoorde
Laat my toe “om net te wees”…
kwaad te wees… broos te wees… bang te wees…
eg te wees …

Om al my maskers af te haal
Die hoë mure om my vir ʼn oomblik
stukkie vir stukkie te laat verbrokkel

Kan my seer vir ‘n oomblik
net jou seer ook word
My trane vir ʼn oomblik
ook jou oë laat blink

Kan jy my help om al my “vrese” en “vrae”
saam tot voor God se voete te dra
Kan ek vir ʼn oomblik net stukkend… bang… en rou wees
in die teenwoordigheid van Sy volmaakte liefde…

Kan jou “stille teenwoordigheid” net vir ʼn oomblik vir my sê
… ek verstaan
… ek is soms net so bang soos jy
… my hart het ook al in duisende skerwe gelê
… die donker was ook al pikgietswart om my
… my gebede het ook al soms leeg gevoel
…my woorde ook al opgedroog

GOD het my ook al hiér kom optel … !!

error: Content is protected !!

Kontak ons

Please enable JavaScript in your browser to complete this form.
Naam