7 KRUIKE / 7 JARS OF CLAY

(2 KORINTIËRS 4:7-9)

Al is God by my, is ek maar net ’n doodgewone mens. Ek is soos ’n breekbare kleipot. Die lewe stamp my ook maar goed rond. Tog dra ek ’n baie waardevolle skat hier binne-in my rond. Daarom moet julle weet dat die groot krag van God wat deur my werk, glad nie uit my kom nie. Inteendeel: Ek kry dikwels swaar, maar ek is nooit mismoedig nie. Ek weet nie elke dag presies wat ek moet doen nie. Tog is ek nooit radeloos nie. Ek word vervolg, maar ek weet God los my nooit alleen nie. Ek word onderstebo geloop, maar ek staan elke keer weer op.

2 KOR 4:7-9

kom gerus binne!

hardeband boeke | hardcover books

‘n Unieke geskenk om jouself mee te bederf of dalk ‘n spesiale vriend, vriendin, ma, skoonma of iemand wat tans ‘n “seer pad” loop. Of dalk kan jy dit net op jou koffietafel of iewers in jou huis neersit…

digitale boeke (PDF) |
Digital books

‘n Unieke geskenk om jouself mee te bederf of dalk ‘n spesiale vriend, vriendin, ma, skoonma of iemand wat tans ‘n “seer pad” loop. Of dalk kan jy dit net op jou eie foon stoor...

joernaal |
Journal

144 Bladsye, A5 grootte joernaal boekie met 12 geskryfde hartsstukke, skrifgedeeltes en leë bladsye waarop jy heerlik kan skryf.



Seilafdrukke |
canvas prints

'n Geskenk vir jouself of vir iemand spesiaal. Mag elke "seilafdruk" uitgaan soos 'n allerkosbaarste geur, na 'n wêreld daarbuite wie God se liefde nodig het...


kerse |
Candles

'n Geskenk vir jouself of vir iemand spesiaal. Mag God se boodskap die "Lig" wees wat saam elke kers uitgaan na 'n donker wêreld wat "hoop" nodig het...


Christian Poetry / Writing / Scripture / Testimony / Photo’s / Artist / Christian webpage  

JEREMIA 18 : 2 – 6

Die pottebakker en die klei

“Gaan na die ateljee van die pottebakker. 

 Daar sal Ek met jou praat.”

Ek het toe na die ateljee van die pottebakker gegaan 

en hom gekry waar hy besig was om op die pottebakkerskyf te werk. 

 Maar die pot wat hy besig was om te maak 

was nie reg volgens sy smaak nie.

Hy het toe die klei weer inmekaargedruk

 totdat dit ‘n bol was.

Daarna het hy weer begin om ‘n nuwe pot te vorm 

wat was soos hy dit wou hê.

 

Die Here het toe vir my ‘n boodskap gegee 

wat met die klei te doen gehad het.

Hy het gevra: “Israel, kan Ek nie met julle net so maak soos die pottebakker met die klei gemaak het nie?  

Kyk, soos die klei in die hande 

van die pottebakker is om daarmee te maak net wat hy wil, so is julle in my hande”.

Matt 17:20

Here…

Mag U die grond kom voorberei

Mag U kom saai op die omgeploegde landerye

van ons harte

Mag U waarheid diep wortel skiet …

vasgeanker in ‘n onwankelbare geloof

Mag U die reën stuur op die regte tyd

Mag U “groei” en “lewe” gee

Mag die “belofte” van nuwe koringare  …

goud in die lande staan

en mag ons gereed wees

wanneer U die “koring” van die “kaf” kom skei …

mag U arms vol gerwe …

na U hemelskuur dra …

 

-ooOoo-

 

(JESAJA 27:12)

… Hy sal hulle een vir een gaan haal

soos wanneer ‘n mens in die oestyd

die koring en die kaf van mekaar skei

en dan die koringkorrels

sorgvuldig bymekaarmaak.

ESEGIëL 36 : 26 - 27

… Ek haal julle ou harte uit wat kliphard geword het

van al die slegte dinge wat julle doen.  En Ek maak

julle heeltemal gehoorsaam aan My. Ek sal daardie dag 

my Gees in julle laat bly. Hy sal julle leer om gehoorsaam te wees aan wat Ek julle beveel. Dan sal julle doen wat Ek sê.

error: Content is protected !!